Wat kan ek julle nou van myself vertel? Om te begin..... Gebore: 1 September 1974 - 31 jaar. In Johannesburg, Suid Afrika en het ook tot 2002 daar gewoon.
Ek het in Mei 2002 na Nederland gekom om 'n ander kultuur mee te maak, om van my familie te ontmoet wat ek nog nooit gesien het nie en om hier bietjie geld te verdien en dan veral om verskillende lande te besoek. Om rond te reis was altyd 'n baie groot belangstelling. Die idee was dat ek so 1 jaar hier sou bly en werk en dan weer terug sou gaan na Suid Africa toe. Die planne het dus nie so uitgekom nie.
Laat ek julle aan my familie voorstel: Ma (en haar sus): Didi van den Berg

Ouma: Lenie
Ouer Broer & Vrou: Hans en Shannon van den Berg & dogter Jessica
Jonger Broer & Vrou: Derick en Elize van den Berg

Pa & Vrou: Ralph en Sue van den Berg

Daarna voel dit of ek nog so 100 ooms en tantes het, in RSA en in NL. Die niggies en nefies kan ek nie eers tel nie want daar is veels te veel.
In my tiener jare het ek my ma baie grys hare gegee want ek en my beste vriedin Portia het altyd kattekwaad aangevang. Ons het baie uitgegaan en dan veral na disco's toe. Dans en lekker fees vier en dan
sommer van Woensdag tot Saterdag. Ons was amper nooit by die huis nie. Portia en ek ken mekaar al van ons 6de af, so dit is nou al 25 jaar lang. Verlede jaar is sy getroud met Willie en dit was 'n pragtige bruilof. Portia sal ook op my groot dag, my getuie wees.
Van my favoriete dinge is: Duik (scuba), swem en lekker in die son te bak. Ek geniet dit om te lees en ek hou daarvan om in die tuin te werk en nuwe plantjies te plant. Ek is mal oor diere. Alle diere. OK, miskien nie so erg oor spinnekoppe en slange en insekte nie. Dolfyne is my favoriete en ek wens dat ek nog een dag met hulle kan swem terwyl ons duik. Snorkel met 'n walvishaai en met "raggedtooth" haaie het ons al gedoen en wat 'n ondervinding!! Dit vergeet ek nooit meer nie.
My tyd in Nederland het begin in Amersfoort waar ek by my niggie Petra gewoon het. Ek het maar moeilik werk gekry en het toe maar in die HORECA (HOtel/REstaurant/CAtering) gewerk. Toe kry ek werk by Six Flags Holland. Dit is 'n atraksiepark waar ek by verskillende betaalpunte kaartjies moes verkoop. Ek het die werk by Laureate Online gekry en toe vir 'n aantal weke by my nefie Philip
in Amsterdam gebly totdat ek 'n plekkie van my eie kon vind. My eerste eie apartementjie was in Zandvoort, by die see, maar ongelukkig was die plekkie 'n bietjie te duur vir my en toe verhuis ek, die keer na 'n "hoenderhok" toe, ook in Zandvoort. Ek het al bietjie rond gereis, soms alleen en soms het Tosca saam met my gegaan. London, Parys en 'n heerlike duikvakansie in Egypte. Duitsland, Belgie en as my laaste Europese vakansie (dag ek), het ek na Italie gegaan. Oor die vankansie en wat daarna gebeur het.... kan julle onder "Ons Verhaal" lees.
En dat is my verhaal en 'n baie kort opsomming van my lewe.