Melinda en Erwin

Welkom op ons bruilof pagina

» Home
» Melinda
» Erwin
» Ons verhaal
» Foto's
» Gastenboek
» Programma
» Geskenk idee
» Akkomodasie
» Roete
» Die Aansoek
» Informasie RSA
» Madagaskar

» Inloggen
» Bedrijvengids
» Zie ook...

© Bruiloftsite.nl

2797 bezoekers

Die jaar 2005 was 'n bietjie rommelrig. Op my werk het ons ontsettend gegroei en die werk het so baie geword dat 'n mens nouliks kon byhou.  Erwin het gedink dat hy uiteindelik 'n permanente werk gekry het maar ongelukkig werk sommige dinge nie so goed uit nie. Met veel geluk het Philips toe gesê dat hulle hom vir nog 3 maande kan uithelp terwyl hy ander werk soek, maar dit het toe wel beteken dat ons vakansie uitgestel moes word. Van eind September is alles verander na die einde van November toe. Die negatiewe deel van die uitstel was dat ons nog langer moes wag vir ons wel verdiende rus/vakansie. Daar was tog ook positiewe ding. Ons was aanwesig by my Pa se 60ste verjaardag partytjie en ek kon vir die eerste keer in 3 jaar by my familie wees met Kersfees.

Ons eerste destinasie was die Kaap. Dit is 'n ontsaglike lang pad om te ry maar gelukkig het ons dit oor twee dae gedoen. Die kaap is baie mooi en ook verskriklik winderig. Ons het ontsettend veel gedoen en gesien. Ons het gewag en gewag om 'n helder dag te kry om Tafelberg op te gaan. Anders kan mens nie vêr oor die see uitkyk nie. Nou ja, jammer genoeg het die dag nie gekom nie en toe ons uiteindelik besluit om tog maar boontoe te gaan, toe is die kabelkar toe. Te veel wind!!!

'n Dag later was dit wel moontlik om op te gaan en ons het toe maar nog net twee daggies in die Kaap oor gehad. Ons het kaartjies gekoop en was gelukkig dat ons nie in  'n kilometer lang ry hoef te gestaan het nie. Ons was vinnig aan die beurt. Ons het eers lekker rond gewandel en toe probeer Erwin tevergeefs om my te laat sit. Hy het alles geprobeer, maar aangesien ons nie ons drankies by gehad het nie, was daar vir my geen punt om te gaan sit nie. Na die koppie koffie en 'n snack in die restaurant het ons weer bietjie gewandel en die keer het ek 'n heerlike plekkie in die son gevind om te sit en te geniet van die uitsig en son, sonder dat die wind jou wegwaai. Toe ek terug kyk waar Erwin was, kniel hy voor my..... Dit het seker 10 sekondes gevat voordat ek agtergekom het wat gebeur. Nou, ek kan nie aan julle verduidelik hoe gelukkig ek op dat moment (en nou) was nie....

Agteraf blyk dat Erwin alles geprobeer het om vir die spesiale moment 'n bottel Champagne te koop, maar hy kon nie van my onslae raak vir lang genoeg nie.

Om die wonderlike dag te vier, het ons toe 'n champagne sunset cruise gedoen.

 

Dit was die perfekte dag in enige vrou se drome.