Melinda en Erwin

Welkom op ons bruilof pagina

» Home
» Melinda
» Erwin
» Ons verhaal
» Foto's
» Gastenboek
» Programma
» Geskenk idee
» Akkomodasie
» Roete
» Die Aansoek
» Informasie RSA
» Madagaskar

» Inloggen
» Bedrijvengids
» Zie ook...

© Bruiloftsite.nl

2797 bezoekers

Waar het dit alles begin....

Dit was regtig 'n botsing van verskillende omstandighede. In my geval het ek besluit dat ek tog terug wou na Suid Afrika, maar voordat ek terug gaan, wou ek tog eers nog een plek in Europa besoek. Eers was die idee om Griekeland toe te gaan, na Kreta, of miskien sou Spanje of Portugal 'n goeie idee wees. Op die ou end het ek tog maar besluit om na Italie te gaan.

Ek het spesiaal gereserveer om aan die einde van die maand te gaan, nadat ek salaris gekry het. Die datum was eers 31 Oktober, maar omdat daar nie genoeg mense op die reis was nie, moes almal verskuif na een week vroeger toe.

Die 24ste is ek baie vroeg die oggend met die bus opgehaal om ons tog te maak na die suide van die land, waar die byeenkoms plek was - Eindhoven. Sonder dat ek dit weet, het ek langs Patricia en Michel gaan sit toe hulle in Tilburg opgetel word. Die bus was vol met mense van verskillende reise, so dit was baie moelik om agter te kom wie op dieselfde reis na Italie as ek was.

Omdat Erwin in Eindhoven woon, het hy op sy gemak by die res van die hordes aangesluit, net betyds vir die koffie en "gebak" voordat die bus vertrek het.  'n Busvakansie is nie eintlik  'n typiese vakansie vir Erwin nie. Hy klim veel liewer berge as om in 'n bus vas te sit vir 10 dae. Maar ja, die ouers het dit verplig.... en aangesien dit hulle (Cees en Wilma) 30ste huweliksherdenking reis was, het Erwin nie regtig 'n keuse gehad nie.

In die bus het ek Erwin al dadelik raak gesien. Die donker hare en die mooi oë. Maar ja, ek was nie heeltemal seker of hy ook "alleen" was nie. Af en toe sit hy langs die meisie (Patricia) en ek was daarvan oortuig dat dit sy vriendin was. Die eerste aand was ons in Switzerland en toe ek die eetsaal in loop, sit daar almal ou mense en net die een tafel was jong mense, so ek het maar gevra of ek my by hulle kan aansluit. Dit was toe dat ek agter kom dat Erwin en Patricia eintlik broer en sus was. Ek het meer en meer kontak gesoek met Erwin. Eers was daar Florence en toe Rome. Ek het maar by hulle groepie/familie gebly en hulle het my hartelik verwelkom. Ek was altyd in Erwin se geselskap te vinde. In Hotel Marina in Montecatini Terme was dit al amper raak, behalwe dat Michel nie na bed wou gaan nie. Toe kry ons net nie dat moment alleen nie. Na 3 dae het dit gebeur. Die eerste soen.

In 'n baie klein kroeggie in Fiuggi Terme. Die res van die Brock familie was terug na die hotel toe en Erwin en ek het agtergebly. My nederlandse uitspraak poging was eintlik "ik ben bly om te blywe".  Ons was oorrompel deur 'n hele groep Italianers waar Erwin en ek byna op mekaar se skote tereg kom. Ingeprop in 'n hoek, so styf langs mekaar, was dit 'n kwessie van sekondes. Dit was die 27ste Oktober en die begin van ons relasie. Die volgende dag was Venetië. So met die vebygaande dae het ons mekaar leer ken en ook het sy familie my leer ken. 

Elke moment wat ons kon kry het ons skelmpies bymekaar deurgebring. Die nagte was lang en die slaap was min. Wakker bly in die bus was nie altyd maklik nie. Blykbaar nie net vir ons nie. Erwin was nog baie skaam en wou glad nie dat sy familie iets agterkom nie. Maar ja, die hele bus het dit al gesien en die laaste aand van ons Italie vakansie, toe ons in die kroeg hande vashou, was dit duidelik dat almal tog reg was.

Aangekom in Eindhoven was dit die afskeids ete. Die einde van 'n wonderlike vakansie. Erwin en ek was nog heeltemaal nie gereed vir afskeid nie, so ek het maar toe my verblyf in Eindhoven verleng en nog een nag saam gebly. Wat sou volg het ons op dat moment nie geweet nie. Elke naweek daarna was ons bymekaar en omdat ek vinnig 'n nuwe apartement moes soek, het ek een gehuur in Den Bosch.

Den Bosch is maar 20 minute van Eindhoven af. Al vinnig was dit nie net meer naweke nie, maar ook soms  'n paar aande in die week. In July/Augustus 2004 het ons besluit dat ons tog liewer bymekaar wil woon en dat ons seker is van ons relasie. Al my besittinge is in een keer (kar) verhuis na ONS apartementjie in Eindhoven.

Nou is dit al twee en 'n half jaar later en ons is nog net so verlief op mekaar...