Melinda en Erwin

Welkom op ons bruilof pagina

» Home
» Melinda
» Erwin
» Ons verhaal
» Foto's
» Gastenboek
» Programma
» Geskenk idee
» Akkomodasie
» Roete
» Die Aansoek
» Informasie RSA
» Madagaskar

» Inloggen
» Bedrijvengids
» Zie ook...

© Bruiloftsite.nl

2797 bezoekers

Programma vir die dag

In die oggend word die saal en Kapel opgemaak en die bloemis gaan hard aan die werk om alles mooi te laat lyk. Shannon en Elize speel hier 'n groot rol want hulle weet wat gedoen moet word.

Die bruilof gaste is van 14H30 af welkom om by die Kapel te vergader waar julle 'n welkoms drankie kan geniet.  Shannon of Elize sal 'n waarskuwing kry as ek op pad is, sodat julle almal in die kapel, julle plekke in kan neem.

Ek hoop dat ek op tyd is en dan om 15H00 te arriveer, waarna die Pastoor Dieter Harms met die seremonie kan begin.

Na die seremonie volg ons die normale routine om die trou register te teken, waar Patricia Brock en Portia van der Walt on getuie sal wees. Intussen wag julle op ons by die uitgang om ons te bestrooi met roos of blomme blaartjies.

Dit is dan fotograaf en portret tyd. Die families gaan lekker saam met ons om die spesiale dag op film en foto vas te lę. Intussen kan alle gaste so lank hulle sitplek gaan soek in die saal of vir al die hollanders, daar is 'n kroeg. Lekker drink, julle hoef nie te betaal nie. Vir die Afrikaners, stadig met die brandewyn.....

Eers die families sluit by julle aan en dan kom Erwin en Melinda daar agteraan. As iemand nog iets wil sę, dan gaan ons maar eers die"speaches" en formele dinge agter die rug kry en dan gaan ons almal lekker eet en drink.

Nou dat ons magies lekker vol sit, moet ons bietjie oefening kry, so Erwin en Melinda sal vir julle die dansvloer oopmaak. Dan gaan ons fees vier en dans en dans en nog meer dans.

Tussen in al die feestery, gaan ons nog die bruilof koek sny en die bruids boeket gooi en Erwin moet ook nog op soek gaan na die kousband (garter).

ONGELUKKIG moet die musiek om 00H00 bietjie sagter omdat die gebied waar ons is 'n  "World Heritage site" is.